
Jy skryf so genoeglik, ek sal graag sien dat hierdie briewe ’n wyer gehoor bereik. – A N D R É P. B R I N K
Een dag was daar … ’n mama en ’n papa en twee kindertjies wat uitgewyk het na ’n stuk veld in die Klein-Karoo waar niemand anders nog permanent gewoon het nie. “Julle doen nou dit waaroor ons almal maar net droom,” het ons vriende vir ons gesê. Dit was ’n droom, ’n werklikheid, ’n kosbare skat. Ons het geswoeg en gesweet, ons het geval en opgestaan. Die diepe vreugde van die veld sal altyd deel van ons sielslandskap wees. Die naaktheid waarna ons gesoek en wat ook van ons geëis is, het ons almal vir altyd verander, ten goede.
ISBN: 978-0-6399942-4-6
Publication date: September 2026
ABOUT THE AUTHOR

ERIKA VILJOEN kom van ’n skaapplaas in die Noordoos-Kaap, van goeie ou Afrikaner-afkoms, waar sy niks anders as die eenvoud van die plaaslewe geken het nie. Toe word sy ’n swerwer, ontdekker, woordvraat, verloopte Afrikaner, huisskepper, moeder. In haar diep middeljare weet sy dat daar geen groot uitbarsting van wonder en faam is waarop ons kan reken nie, die ou lewe ry jou soms bloots, maar vir vrede in jou hart kan jy nooit genoeg dankie sê nie. Nou is sy ’n trotse “crone”, ’n mama van twee vlieënde arende, ’n voornemende boerin, ’n stoepsitter met haar Geliefde.











