Karavan Press authors at the Toyota Stellenbosch Woordfees

We are heading to Stellenbosch for the annual Woordfees that is taking place between 3 and 11 October this year.

Two authors feature with their Karavan Press titles on the programme, Erika Viljoen and Louis Viljoen:

MONDAY, 5 OCTOBER 2026, 11:30 | EasyEquities Skrywerskamer
Louis Viljoen: Selected Plays

As dramaturg is Louis Viljoen bekend vir sy fyn, ingewikkelde taalgebruik en die ongemaklike intimiteit in sy dramas wat gehore vasgenael hou. Die versamelbundel Selected Playsbring vir die eerste keer tien van Viljoen se kragtigste toneelstukke byeen. Die aktrise Emma Kotze, een van Viljoen se gereelde medewerkers, gesels met die dramaturg oor die vakmanskap, chaos en die aard van die Suid-Afrikaanse teater, asook die uitdagings om sy donker werk op te voer.

TUESDAY, 6 OCTOBER 2026, 14:30 | EasyEquities Skrywerskamer
Aggressiewe water

Erika Viljoen se memoires, Aggressiewe water, is gebore uit briewe wat sy aan familie en vriende geskryf het toe die gesin uitgewyk het na ’n stuk veld in die Klein-Karoo waar niemand anders nog permanent gewoon het nie. Wat vir baie mense net ’n droom is, het vir haar gesin ’n werklikheid geword – met al die swoeg en sweet wat daarmee saamgaan. Erika se kind, Roland du Preez, kunstenaar, akteur en skrywer van die toneelstuk Rescue Remedy, tree met haar in gesprek.

Also featured on the programme are authors Lethokuhle Msimang and Zubayr Charles – Lethokuhle with the short film Soil and Grass, written, directed and narrated by her; and Zubayr with his novel, Haram (JB Publishers), and his poetry collection, the sad boy’s starter pack and other poems (Jacana). Lethokuhle published The Frightened and Zubayr published Please, don’t call me moffie with Karavan Press.

3 OCTOBER 2026, 13:30 | Road House Cinema at The Neelsie
Soil and Grass

Soil and Grass follows three traditional artisans in KwaZulu-Natal: a wire basket maker; a potter; and a palm weaver, whose practices move between rural heritage and urban adaptation. As materials are collected, transformed, and re-created, the film traces how knowledge persists in the midst of displacement. Interwoven with a personal story of departure and return, Soil and Grass reflects on what of loneliness, uncertainty, abandonment, survives in the search for a true sense of home. It is also a meditation on women who create alone.

Director, Writer, Narrator Lethokuhle Msimang
Cinematographer Thebe Gee
Editor Kgaugelo Mpyana
Sound Yang Wen Liang

3 OCTOBER 2026, 17:30 | EasyEquities Skrywerskamer

Writers on Writers: The Young Guns with Mia Arderne (How to Stop Being a Naai) and Zubayr Charles (Haram)

4 OCTOBER 2026, 16:00 | EasyEquities Skrywerskamer

Three Part Harmony with Sarah Uheida (Not This Tender), Paula Fourie (Inked in Bone) and Zubayr Charles (the sad boy’s starter pack and other poems)

Full programme: WOORDFEES

Karavan Press title: Aggressiewe Water by Erika Viljoen

Jy skryf so genoeglik, ek sal graag sien dat hierdie briewe ’n wyer gehoor bereik.
– A N D R É  P.  B R I N K

Een dag was daar … ’n mama en ’n papa en twee kindertjies wat uitgewyk het na ’n stuk veld in die Klein-Karoo waar niemand anders nog permanent gewoon het nie. “Julle doen nou dit waaroor ons almal maar net droom,” het ons vriende vir ons gesê. Dit was ’n droom, ’n werklikheid, ’n kosbare skat. Ons het geswoeg en gesweet, ons het geval en opgestaan. Die diepe vreugde van die veld sal altyd deel van ons sielslandskap wees. Die naaktheid waarna ons gesoek en wat ook van ons geëis is, het ons almal vir altyd verander, ten goede.

ISBN: 978-0-6399942-4-6

Publication date: September 2026

ABOUT THE AUTHOR

ERIKA VILJOEN kom van ’n skaapplaas in die Noordoos-Kaap, van goeie ou Afrikaner-afkoms, waar sy niks anders as die eenvoud van die plaaslewe geken het nie. Toe word sy ’n swerwer, ontdekker, woordvraat, verloopte Afrikaner, huisskepper, moeder. In haar diep middeljare weet sy dat daar geen groot uitbarsting van wonder en faam is waarop ons kan reken nie, die ou lewe ry jou soms bloots, maar vir vrede in jou hart kan jy nooit genoeg dankie sê nie. Nou is sy ’n trotse “crone”, ’n mama van twee vlieënde arende, ’n voornemende boerin, ’n stoepsitter met haar Geliefde.