LitNet’s Yolanda Wessels reviews Shadow Flicker by Melissa A. Volker

Shadow Flicker on Muizenberg BeachShadow flicker vertel die storie van Kate Petersen wat leef vir haar werk, veral omdat haar persoonlike lewe ’n gemors is ná ’n lewensveranderende gebeurtenis. Sy vertrek na St Francisbaai in die Oos-Kaap, waar sy die boere moet oorreed om hul grond beskikbaar te stel vir die ontwikkeling van hernubare kragopwekking. Dit is haar keuse om nie haar baas in te lig dat sy terugkeer na die plek waar haar probleme ontstaan het nie – ’n tragedie wat steeds by haar spook en die oorsaak van haar paniekaanvalle is.

Hier ontmoet sy vir Dr Matthew Sykes, die dorp se veearts, wat steeds in rou is oor die ontydige dood van sy omgewingsgoedgesinde vrou. Alhoewel sy geensins beplan het om emosioneel betrokke te raak nie, ontwikkel dié twee spoedig ’n sagte plek vir mekaar. Ongelukkig is die pad nie net met rose besaai nie en behalwe vir die vyandigheid wat in die kusdorp uitbroei, word Kate die slagoffer van inwoners met verskuilde agendas…

Continue reading: LitNet