We are delighted to announce that End & Beginning by Athol Williams (Karavan Press, 2025) is among the longlisted titles for the CANEX Prize for Publishing this year.
“13 titles have been selected for the CANEX Prize for Publishing 2026, representing publishers from across Africa and the Diaspora. This year’s longlist puts the spotlight on the books, authors and publishers selected for the next stage of the prize.”
Congratulations to all other publishers and books! We are honoured and proud to feature on this wonderful list:
Congratulations, Athol! Thank you for publishing your brave and beautiful poetry with Karavan Press. It has been such a privilege to work with you!
Thank you to all the Judges for their time and consideration and thank you to all who make the CANEX Prize for Publishing possible!
The University of Johannesburg Prize for South African Writing (UJ Prize) in English has announced its 2026 winners: Michelle Kekana was awarded the Debut Prize for The Fragile Mental Health of Strong Women (Jacana), and Malika Lueen Ndlovu the Main Prize for Griefseed (Karavan Press).
The prize is open to South African works in English across genres and was judged this year by a five-person panel from three universities: Prof Nedine Moonsamy of the University of Johannesburg (Chair), Prof Sikhumbuzo Mngadi and Prof Marzia Milazzo, both also of UJ, Prof Rebecca Fasselt of the University of Pretoria, and Dr Wisani Mushwana of the University of Cape Town. Prof Moonsamy described the judging process as an encouraging one for South African letters. “The quality of submissions was exceptionally high and offered a reassuring view of the contemporary South African literary landscape,” she said. “As usual, we have read across genres to select our winners.”
Kekana’s The Fragile Mental Health of Strong Women took the Debut Prize by unanimous decision, with judges praising the novel’s raw, refreshing portrait of Black South African women and its experimental, luminous quality.
Ndlovu’s Griefseed emerged as this year’s uncontested Main Prize winner. Jury member Marzia Milazzo called the collection, which weaves together poems, reflections, essays, and images, “an extraordinary collection on grief that moves, empowers, and, ultimately, heals.” Milazzo pointed to the book’s insistence on expression over suppression, quoting Ndlovu’s own line from the work: “Let the wound weep.”
Congratulations to all nominated authors and the winners, especially Malika Lueen Ndlovu – thank you for publishing this exceptional book with Karavan Press!
Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
Wenner: Klara du Plessis vir Ek’t Act (Karavan Press)
Commendatio: Ronelda Kamfer
Klara du Plessis se Ek’t Act verteenwoordig ’n belangrike verskuiwing in die nuwer diaspora-literatuur. Dit breek weg van die sentimentele, voorspelbare gegriefdheid en nostalgie van Suid-Afrikaners wat in die buiteland verlang na ’n idolized verlede wat in werklikheid nooit so bestaan het nie.
Wanneer die beoordelingskriteria vra of ’n bundel die leser met ’n helder stem betower, is die antwoord ja. Dit is egter ’n betowering wat gestroop is van pretensie en goedkoop sentiment. Afrikaans word ontwortel en in ’n vreemde, meertalige konteks geplaas waar dit moet veg vir eie meaning. Die leser word gedwing om die ongemak van verplasing self te ervaar. Du Plessis gebruik taal as ’n argitektoniese materiaal, die wyse waarop Afrikaans, Engels en die stiltes tussenin bots, getuig van ’n deurtastende begrip van die meganika van vertaling en taalkundige hibriditeit. Dit is ’n bundel wat Afrikaans uit sy selfbesorgde isolasie haal en in gesprek plaas met globale debatte. Dit is nie ’n museumstuk nie, maar ’n lewendige, buigsame medium.
Hierdie werk herinner ons aan wat poësie wesenlik behoort te wees. Antjie Krog het eenkeer gesê:
“om te kan skryf moet ek myself binne kom deur my te buite te gaan ek verlaat die daglig die sleur van gefabriseerde stemme en gaan ondergronds”
’n Ingetoë, noodsaaklike proses van selfondersoek en dokumentasie. In ’n era waar die cult van prestasie en verhooggeraas die inherente betekenis van die kunsvorm dikwels overshadow, moet digters kies om die dokumentering van menslike ervaring bo die spektakel te stel.
As digters moet ons leer om terug te staan, die gaze moet uitzoom sodat ons weer stil waarnemers kan word van die wêreld wat ons bewoon. Ons moet krities vra of die literatuur steeds in die regte rigting groei. Want op die mees fundamentele vlak is poësie nie ’n loud performance nie, dit is ’n fluistering, soos die wind, met stil krag wat net gehoor word wanneer ons ophou om te roep.
Klara du Plessis speel met daai stilte en krag. Vir haar moed, tegniese vernuf en visie om Afrikaans sonder om verskoning te maak in die wêreld te herbepaal, behoort die Breytenbach-prys aan haar. Dit is ’n ereloon wat die nalatenskap dra van Breyten Breytenbach, ’n skrywer wie se eie geskiedenis van exile en isolation en internasionale relevansie die verhoog geskep het waarop Afrikaans as ’n wêreldtaal van verset, vryheid en genuanseerde menslikheid kan staan.
The University of Johannesburg Prize (UJ Prize) for South African Writing has announced its shortlists for books published in 2025.
Debut Prize:
Buried in the Chest by Lindani Mbuyunza-Memani
Not This Tender by Sarah Uheida
The Fragile Mental Health of Strong Women by Michelle Myeko Kekana
Main Prize:
Griefseed by Malika Lueen Ndlovu
Song of a Slave Girl by Ashraf Kagee
The Nightwatchman: Representing Black Men in Colonial South Africa by Hlonipha Mokoena
The announcement of winners is scheduled for 28 September, while the ceremony will be held on 22 October 2026.
Congratulations to all nominated authors! Special literary hugs to Malika Lueen Ndlovu who published Griefseed with Karavan Press in February last year.
For more information about the shortlists, see: Brittle Paper
Nuwe toetreders skuur skouers met vorige wenners en benoemdes op die kortlyste vir vanjaar se Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse.
Dié pryse, wat tans altesaam R1,4 miljoen beloop, word jaarliks toegeken vir Afrikaanse boeke en resensies wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Vyf boekpryse is op die spel: ’n fiksieprys (vir romans), ’n niefiksieprys, die Breyten Breytenbach-prys vir digkuns, die Herman Binge-prys vir ’n werk met filmpotensiaal en die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- en tweede prosawerke. Twee resensiepryse word toegeken.
Twee voormalige wenners van die fiksieprys, Willem Anker en Gerda Taljaard, is vanjaar weer in dié kategorie benoem. Die niefiksiekortlys pryk ook met twee voormalige wenners: Dana Snyman en Marita van der Vyver, wat voorheen die filmprys gewen het.
In ’n uitsonderlike prestasie is PP Fourie soos in 2024 weer benoem vir sowel die filmprys as die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- en tweede werke.
Vanjaar se kortlyste is, in alfabetiese orde volgens skrywer:
FIKSIE
Patmos, Willem Anker (Queillerie)
Binnerym van bloed, Antjie Krog (Penguin Books)
Die grafdigter, Gerda Taljaard (Penguin Random House)
NIEFIKSIE
Wie de hel is Johnny Joubert?, Dana Snyman (Tafelberg)
My jaar van vrees en vryheid, Marita van der Vyver (Human & Rousseau)
Spanje: Reise in ’n palimpses, André Pretorius(Naledi)
BREYTEN BREYTENBACH-PRYS VIR DIGKUNS
Ek’t Act, Klara du Plessis (Karavan Press)
Kolam, Fourie Botha (Protea)
vloei/stof, Gilbert Gibson (Protea)
JAN RABIE-RAPPORTPRYS VIR DEBUUT- EN TWEEDE PROSAWERKE
Op pad na ’n klooster in die sneeu, Johannes de Villiers (Human & Rousseau)
Die dood van Rachel April, PP Fourie (Queillerie)
’n Jaar in my lewe, Louis Pretorius (LAPA Uitgewers)
HERMAN BINGE-PRYS VIR FILM
Die dood van Rachel April, PP Fourie (Queillerie)
Klein konings, Theo Kemp (Protea)
Ontvoer, Constant van der Merwe (Queillerie)
Altesaam 68 inskrywings is ontvang vir die vyf pryse wat ten doel het om erkenning te gee aan Afrikaanse skrywers en hulle aan te spoor om gehalteskryfwerk in hul moedertaal te lewer.
“Daar was groot wins vir Afrikaans in 2025,” sê die sameroeper van die pryse, Hettie Scholtz. “Die kruin van vanjaar se inskrywings het getuig van genre-tergende, waagmoedige boeke van besonder hoë literêre gehalte. In elkeen van die kategorieë het die skrywers op die kortlyste met uitsonderlike vakmanskap ritme en kadens uit die taal getoor en dit vernuftig verruim.
“By die digkuns was dit veral opvallend hoe aandagtig daar met taal omgegaan is. ’n Verrassing was ook die vars bries van diaspora-letterkunde wat verder bewys lewer dat Afrikaans ’n lewendige taal is wat kan deelneem aan die kontemporêre gesprek in die Suid-Afrikaanse en wêreldletterkunde.”
Die individuele prysgeld beloop R350 000 elk vir die roman- en niefiksieprys onderskeidelik, R200 000 elk vir die Breyten Breytenbach-prys, die Herman Binge-prys en die Jan Rabie-Rapportprys, en R50 000 elk vir die resensiepryse vir fiksie en niefiksie onderskeidelik. Die kortlyste vir die resensiepryse word binnekort aangekondig.
Die wenners word op 26 September 2026 bekend gemaak tydens ’n funksie by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad.
Die keurpanele vir die boekpryse was: Fiksie: Deborah Steinmair, Jean Meiring, Ryan Pedro en Beer Adriaanse; Niefiksie: Frederik de Jager, Marga Stoffer, Kerneels Breytenbach en Kirby van der Merwe; Breyten Breytenbach-prys vir digkuns: Louise Viljoen, Johan Myburg, Ronelda Kamfer en Alfred Schaffer; Herman Binge-filmprys: Beer Adriaanse, Wikus du Toit en Kerneels Breytenbach; Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- en tweede prosawerke: Andries Bezuidenhout, Mercy Kannemeyer en Danie Marais.
The shortlist for the Ingrid Jonker Prize 2026 has been announced and we are thrilled that Shari Daya’s Land | Lines and Lucienne Argent’s Self-Portrait of a Guava have been nominated. Congratulations to the two of them and all other shortlisted poets!
The shortlist for 2026:
Lucienne Argent, Self-Portrait of a Guava (Karavan Press)
Shari Daya, Land | Lines (Karavan Press)
Zeenit Saban-Jacobs, Inside an Eyeball (Botsotso Publishing)
Siphokazi Jonas, Weeping Becomes a River (Penguin)
Frank Meintjies, A Place to Night In (Botsotso Publishing)
Die UJ-pryse vir Afrikaans word toegeken aan uitnemende tekste in enige genre wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en in die vorige kalenderjaar verskyn het.
65 boeke wat in 2025 gepubliseer is, was vir hierdie jaar ingeskryf: 50 vir die UJ-prys en 15 vir die UJ-debuutprys.
Die UJ-pryse is in 2001 vir die eerste maal toegeken, toe as die RAU Mardene Maraisprys: die gevolg van die inisiatief en skenking van dr Fanie Marais van Cordis Trust. Sedert 2005, met die stigting van die Universiteit van Johannesburg, staan die pryse bekend as die UJ-pryse vir Afrikaans.
Vir die tweede agtereenvolgende jaar is geen dramatekste ingeskryf nie, terwyl ongeveer ’n derde van die inskrywings digbundels was: 20 in totaal, met 5 hiervan debute.
Die volgende boeke, alfabeties volgens outeur, is deur die beoordelaars uitgesonder vir die kortlyste van die 2026 UJ-pryse vir Afrikaans.
2026 UJ-debuutprys vir Afrikaans
Ek’t / Act deur Klara du Plessis (Karavan Press)
waar daar eens ‘n see wasdeur Jennifer Pape (Turksy Uitgewers)
Kruiper – Crawler deur Shane van der Hoven (Uhlanga Press)
2026 UJ-prys vir Afrikaans
Patmos – Willem Anker (Queillerie, Jonathan Ball)
Kolam – Fourie Botha (Protea Boekhuis)
Klein konings – Theo Kemp (Protea Boekhuis)
Die binnerym van bloed – Antjie Krog (Penguin)
Prins – Ryan Pedro (Kwela, Jonathan Ball)
Die kortlyste van die UJ-pryse het deur die jare goeie verteenwoordiging van digbundels getoon, maar dit is opvallend dat al drie titels op die kortlys vir die debuutprys, en ook twee titels op die kortlys vir die UJ-prys digbundels is. Dit is ook die eerste maal dat die kortlys vir die debuutprys slegs kleiner, onafhanklike uitgewerye verteenwoordig.
Van harte geluk aan die skrywers en uitgewers!
Die paneel beoordelaars vir die 2026 UJ-pryse vir Afrikaans, is prof Reinhard Fourie (UNISA), me Mercy Kannemeyer (UJ), dr Dewald Koen (NMU), dr Janien Linde (NWU), me Elodi Troskie (UK) en prof Karen de Wet (UJ, voorsitter).
Die aankondiging van die wenners word volgende week verwag.
We are thrilled to announce that the English Academy of Southern Africa has selected The Algebra of Insignificance by Stephen Symons as the winner of the Olive Schreiner Prize for Poetry 2026.
Congratulations, Stephen! What a wonderful achievement.
The Sunday Times Literary Awards shortlists have been announced and we are thrilled to share the news that Crooked Seeds by Karen Jennings has been shortlisted for the Fiction Prize! Congratulations, Karen and all other nominated authors!
For more details about the announcement, please see here:
Karavan Press was recognised for its book In Silence My Heart Speaks by Thobeka Yose, winning the $20,000 top prize
ALGIERS, Algeria, September 9, 2025/APO Group/ — Karavan Press, an independent publisher based in Cape Town, South Africa is the winner of the 2025 edition of the CANEX Book Factory Prize for Publishing in Africa that celebrates and recognises outstanding contributions of African publishers and authors to the literary world.
Karavan Press was recognised for its book In Silence My Heart Speaks by Thobeka Yose, winning the $20,000 top prize. The Prize was presented by Algeria’s Minister of Culture and Arts Azzedine Mihoubi during an award ceremony held during the ongoing Intra-African Trade Fair 2025 (IATF2025) in Algiers. Finalists received $2,000 each.
The Prize is a joint initiative of the Creative Africa Nexus (CANEX), an intervention by African Export–Import Bank (Afreximbank) in partnership with Narrative Landscape Press Limited. It aims to showcase the literary and publishing value chain in Africa and developing literary talent across the continent and the Diaspora.